skip to Main Content

Die Ervare Bruid Troubeplanner 2020

Die Ervare Bruid Troubeplanner 2020

‘n Nuwe jaar is so goeie tyd soos enige ander om ‘n nuwe blaaitjie om te slaan. Die Ervare Bruid eboek se styl is met die hulp van Lana Duyn Design oorgedoen, en troubeplanning is nou selfs meer stylvol.

Ons opgedateerde troubeplanner is nou beskikbaar hier vir slegs R140 en ons hoop is dat 2020 bruide werklik sal geniet om dit te gebruik, en dat dit ‘n waardevolle bron vir hulle troubeplanning sal wees. Ons hoofdoel met hierdie boek is om ‘n volledige, alomvattende beplanner te ontwikkel wat soveel as moontlik bruide – ongeag jou begroting of styl – kan akkomodeer. Daarom het ons tyd en energie in hierdie amper 200-bladsy boek ingesit sodat ons jou, die toekomstige bruid, energie kan spaar wat jy eerder op die pret van troubeplanning kan spandeer – en nie op stres oor admin nie.

Hier is ‘n vinnige oorsig van wat om van jou 2020 troubeplanner te verwag:

Volledige aftiklysies en begroting van al ‘n bruid se take en alles wat jy moet betaal, koop, maak of huur sodat jy niks vergeet nie. Daar is een volledige aftiklysie wat basies ‘n opsomming van die boek is. Dan is daar ook aftiklysies vir elke taak en fase van die troue: jou hare-en-grimering lysie, dekor lysie, vrae vir jou venue, fotograaf, spysenier en vele meer. Die omvattendste beplanner wat jy sal vind.

‘n Interaktiewe ervaring – doen al jou beplanning – van take uitdeel en jou gastelys opstel, dekor beplan, tot jou begroting en finale doen-lysies op een gerieflike plek…

Vryheid en inspirasie – ons gee jou die geleentheid en inspirasie om jou eie kreatiewe idees te vorm en ons help jou om hulle lewe te gee. Geen twee troues of bruide is dieselfde nie…

Wanneer moet ek wat doen? Die boek beantwoord al jou vrae oor hoe lank voor die troue wat moet gebeur. Ons een-jaar tydlyn wat aanpasbaar is om ‘n troue in ‘n baie korter tyd te beplan, gee struktuur aan jou troubeplanning – maar is maklik aanpasbaar om enige soort troue te akkomodeer. Ons staan jou by in elke fase van troubeplanning – selfs die belangrikste take wat na afloop van die troue moet gebeur.

Begroot een keer, en begroot reg. Ons eboek gee nie net basiese riglyne tot begroting opstel nie – want ons weet die begroting is die hart van troubeplanning. Sonder ‘n volledige, akkurate begroting is dit feitlik onmoontlik om binne begroting te bly. Daarom is ons begroting stappe – gedetalieërd sodat jy met gemoedsrus by jou begroting kan hou in die wete dat hy ALLES insluit – klein en groot. 

 

 

Back To Top