skip to Main Content

Bruid Bykomstighede – Sit jou beste voetjie voor met die regte trouskoene

Bruid Bykomstighede – Sit Jou Beste Voetjie Voor Met Die Regte Trouskoene
Post Series: Bruid bykomstighede

Cinderella is proof that a new pair of shoes can change your life!

Jou trouskoene kan ‘n prettige manier wees om nog bietjie van jou persoonlikheid na vore te bring, en rond die uitrusting mooi af. Wees jouself, jy hoef nie soos Bambi op ‘n paar stiletto’s rond te sukkel op jou troudag, as dit nie vir jou gemaklik is nie. Hier is ‘n paar dinge om ingedagte te hou voordat jy jou skoene kies…

Sal jy dit kan dra?

Foto: Stroopsoet fotografie

Dis seker vanselfsprekend, maar die moeite werd om te noem. Jou trouskoene is nie dekor nie, jy gaan dit moet kan dra! ‘n Troudag behels baie lank staan, rondloop en jy word deur baie nuuskierige en bewonderende oë, en ‘n paar kamera lense dopgehou. Daarom wil jy ‘n paar skoene kies waarin jy met gemak kan loop en staan, en wat nie jou loopstyl of jou postuur affekteer nie. Jy wil mooi voel, maar ook gemaklik. Dis verskriklik om in ‘n paar skoene voor die kansel te staan wat jou seermaak!

Kies ‘n skoen met ‘n breër en korter haak, wedges, of selfs plat skoene as jy nie hoë-haakskoene gewoond is nie. Vir stiletto-nuwelinge help ‘n bandjie om die enkel ook baie met stabiliteit.

Maak seker jou skoen se sool is lekker sag, of belê in ‘n jelinsetsel sodat jy die heel dag op jou wolkie kan bly loop.

Twee is dalk beter as een…

Indien jy nie gemaklik in haakskoene loop nie, maar jy wil steeds ‘n paar mooi haakskoene vir foto’s hê kan jy altyd n paar haakskoene vir die vooraf
portret en klassieke skoen-aantrek-foto’s gebruik, en dan ‘n gemakliker, meer praktiese paar skoene aantrek vir die seremonie en onthaal. (Dis wat hierdie bruid met die swak enkels gedoen het!)

Onthou dat die rok gemeet/gemaak moet word volgens die skoen wat jy die grootste gedeelte van die dag gaan dra.

Venue en seisoen….

https://za.pinterest.com/pin/503066220850058241/

‘n Paar praktiese oorwegings is natuurlik ook die terrein waarop jy sal moet loop, en die tipe weersomstandighede wat julle by jul troue kan verwag.

Vir ‘n winter troue wil jy ‘n relatiewe warm skoen dra sodat jy nie koue voete kry nie… en in die somer ‘n lekker koel, oop skoen wat nie deur ‘n reën plassie totaal en al beskadig gaan word nie.

Hou ook ingedagte dat indien jou venue, en die area waar julle foto’s neem ‘n moeilike terrein is, of op gras is – kies slim sodat jy dit met gemak kan aanpak. Strand troues en haakskoene is gewoonlik nie goeie maats nie.

Daar is natuurlik slim maniere om die skoen wat jy jou hart op verloor, te MAAK werk. Probeer hierdie heel protectors, wat keer dat jou stiletto’s in gras insak. Vir baie gladde oppervlaktes, soos ‘n blink, gladde dansvloer kan jy iets soos hierdie ‘sole stoppers’ probeer wat sal voorkom dat jy gly.

Begin betyds soek…

Jou trourok is natuurlik eerste, as die held(in) van jou uitrusting, word al jou bykomstighede, insluitend jou skoene, gekies om die rok te komplimenteer. Ons stel voor jy begin so 6-4 maande voor die troue alreeds jou skoene soek, mits jy alreeds ‘n idee het van hoe jou rok gaan lyk. Naas jou rok, is jou skoene die belangrikste keuse van jou uitrusting.

Dis belangrik dat jou rok se lengte eers gefinaliseer/bepaal word wanneer jy jou skoene het sodat jy nie later onnodige ekstra verstellings aan die rok moet maak nie.

Begin ook minstens ‘n maand voor die troue om jou skoene in te trap sodat hulle mooi die vorm van jou voet inneem voor die troue.

Stylvol versus jou styl…

Daar is vreeslik druk op bruide deesdae om elegant en stylvol te lyk, maar tog iets unieks te doen wat pinterest aan die gons sal hê. Vat ‘n treëtjie terug van al daardie gedagtes, en besluit wat dit is wat JY wil hê…

Daar is baie raad wat jy sal ontvang van styl guru’s (en dis goeie raad!), soos dat kant op die rok moet pas by die kant op die skoen, watter kleur by wat pas, en dat ‘n detail rok ‘n eenvoudiger skoen vereis ensovoorts… indien jy nie ‘n natuurlike styl-aanvoeling het nie, of nie 100% jou styl instink vertrou nie vra gerus ‘n vriendin of ‘n kenner om hulp.

‘n Goeie stukkie raad wat ek kan gee is, indien moontlik, vat ‘n sample van jou rok se materiaal saam wanneer jy skoene gaan koop. Foto’s kan soms so misleidend wees as dit kom by kleur, en iets lyk dalk vir jou na die regte kleur totdat jy dit langs die rok sit, dan besef jy dit is nie.

Maar belangriker as om die reëls te volg – bly getrou aan jou. Dis iets wat ek baie vir bruide sê, en dit is so belangrik in elke aspek van troubeplanning. Moenie bang wees om iets unieks te doen nie, en moet ook nie gedruk voel om uit die boksie te dink nie. Dis nie nodig om ‘n unieke kleur, of die duurste skoen aan te hê. Jy kan gaan vir ‘n plein, gemaklike skoen waarin jy jou gate uit gaan geniet en soos jouself voel. Jy kan iets unieks doen en ‘n paar ou tannies se wenkbroue help lig. Dit maak nie saak nie. Net solank dit getrou is aan jou….

Hetsy dit is iets eenvoudig en stylvol….

iets blink en elegant…

iets uniek …

of iets wat pas by jul troue se kleure….

solank jy net gelukkig en gemaklik is…

‘n Oulike idee…

Wil jy hê jou gaste moet ook hul skoene uitskop? Dan is jy nie die enigste een wat jou mooi skoene vir ‘n gemakliker paar ruil nie…

Lekker beplan bruidjie, en mag julle huwelik in styl en gemak afskop…

xoxo

Ervare Bruid

Back To Top