skip to Main Content

Romanse in die Sederberge – wittebrood bestemmings in Suid-Afrika

Romanse In Die Sederberge – Wittebrood Bestemmings In Suid-Afrika
Post Series: Honeymoon bestemmings in Suid Afrika

Alreeds wittebrood bestemmings begin navors? Kom ek skep vir jou die perfekte wittebrood prentjie: weg van die stadsligte met unieke rotsformasies en Karoo-natuurskoon – vars lug en sterre omring jou en asem die vars seelug in, slaap en swem in luuksheid en privaatheid onder duisende sterre, ‘n verskeidenheid dinge om te doen… Hiermee die tweede bestemming in ons Suid-Afrikaanse wittebrood-bestemming reeks – die Sederberge…

Welkom in die lieflike Karoo!

Waar is dit en wat maak dit uniek?

Geleë in die Wes-Kaapse kus-area en sowat 2 tot 3 ure se ry van Kaapstad – die Sederberg-area is verseker een van die mooiste en uniekste natuurlike areas in ons land, met genoeg aktiwiteite om die mees avontuurlistige tot die luiste vakansieganger te akkomodeer. Die area sluit in Kaapse kusdorpies soos Lambertsbaai en Elandsbaai en vorm deel van die Kaap Bloem Koningkryk van Suid-Afrika. ‘n Groot gedeelte van die area is verklaar as wêrelderfenis gebied – en die ongedeerde, unieke natuurryk bevat ‘n groot verskeidenheid areas wat die moeite werd is om ontdek te word tydens ‘n romantiese wittebrood.

Dinge om te doen…

Kyk uit vir Boesman-rotskuns en unieke rotsformasies, bedreigde spesie plant en diere-lewe wat eie is aan ons land, en as jy gelukkig is gewaar jy dalk ‘n Kaapse berg-luiperd. Jy kan die area op verskeie maniere verken. Vanuit die gemak van jou eie 4×4 voertuig, saam met ‘n gids in ‘n safari-voertuig, te voet op die pragtige staproetes of selfs op ‘n quad bike.

Noem dit – en hierdie area het dit – wynproe, visvang, rotsklim, swem in natuurlike rotspoele, sterrekyk, Ziplining, fietsry en nog vele meer. Durf die branders in Lambertsbaai aan, eet vars seekos en laat die seelug jou siel verfris.

Hierdie is ‘n veelsydige en romantiese wittebrood bestemming wat enige begroting kan akkomodeer.

3 Moet-doen dinge in die area is:

Besoek die rotspoele by Eselbank en koel af met die mooiste uitsigte;

Sien die ongelooflike sandsteenformasies van die Sederberge;

Besoek die pragtige kusdorpies soos Lambertsbaai en Elandsbaai.

Waar om te bly…

Afhangende van jul begroting, hoe naby julle aan die kus wil wees en watter tipe vakansiegangers julle is, is daar verskeie blyplekke wat enige begroting kan akkomodeer in die area.

Iets uniekKagga Kamma Natuurreservaat:

Die reservaat is die perfekte manier om die area se natuurskoon te geniet in absolute luuksheid. Die reservaat bied genoeg aktiwiteite en die blyplek is besonders genoeg sodat jy heel dag kan ontspan en jy sal nie gou moeg raak vir die uitsigte, kos en lekker geselskap van jou man nie.

Kies tussen verskeie suites – insluitend die Grotte,

die Hutte;

Dan is daar ook tydsdeel chalets en daar is selfs ‘n kampeer-terrein as dit meer julle vibe is…

Indien jy verblyf in ‘n grot of chalet bespreek het – bespreek vir julle ‘n nag of twee ekstra in die buitelug kamers – ‘n bucketlist item MOET!

Die Star Suite en Sky suite’s bied ‘n unieke ervaring – die geleentheid om romantiese nagte onder die sterre, beskut deur rotsformasies te spandeer met pragtige uitsigte oor die fynbos vlaktes en jou eie privaat rotspoel of jacuzzi. ‘n Nag of twee in die suite sal romanse verseker, en moenie bekommer – muskiete pla nie sommer hier in die droë karoo nie.

Die Ervare Bruid stel (vir maksimum romanse en minimum ongemak) voor bespreek die Star suite met die privaat rotspoel in die warmer maande, en die sky suite met die privaat (en warm) jacuzzi in die koeler maande – en pak in alle seisoene warmer klere vir die nagte.

Hierdie opelug-kamers is slegs beskikbaar tussen September en April .

TIP: Maak ‘n romantiese playlist op jou foon en geniet ‘n sterrelig dans.

Koste:

Die hut of grot suites beloop tussen R3600 en R8000 per nag. Die Star & Sky suites beloop tussen R1200 en R1300 addisioneel per nag, en die oord bied spesiale Wittebrood pakette wat spa behandelings, toere en etes insluit.

Het jy ons vorige Wittebrood artikel gemis? Lees hier meer oor ‘n lekker wittebrood in Hazyview.

Deel hierdie artikel gerus met jou verloofde vir bietjie skaamtelose skimpe…

Lekker beplan bruidjies

xoxo

Back To Top