skip to Main Content

Liaan & Janti: Vintage Kant & Strand Romanse – REGTE TROUES

Liaan & Janti: Vintage Kant & Strand Romanse – REGTE TROUES

Ware liefdesverhale is soveel lekkerder om oor te skryf en te blog as enige raad of idees wat ek mee vorendag kan kom. Daar is net iets aan ‘n regte troue, twee mense se bereidwilligheid om ewige trou voor God en al hul vriende aan mekaar te beloof en uiting te gee aan hul onvoorwaardelike liefde vir mekaar. Hierdie twee was geen uitsondering nie…

‘n Onskuldige besigheidstransaksie om haar kar versekering te doen het presies ‘n maand later in ‘n eerste afspraak ontaard, en soos hulle sê – the rest is history… Janti & Liaan is op 15 September 2018 getroud en hier ‘n voorsmakie van hul sprokies dag…

Fotos: Andre Campher

Die verlowing:

Liaan het self die ring laat maak en om Janti, wat diè dag vreeslik siek was, op te beur het hy vir haar ‘n handsak gekoop. Binne-in die handsak was nog ‘n kleiner handsakkie – en daarbinne was die mooiste verloofring…

Janti was gaande oor haar rok, met sagte kant details van Crystals & Creme Wedding Dress Boutique. Dit het perfek ingepas by hul klassieke, dog moderne vintage styl met sagte wit, pienk en roosgoud details- ‘n tema waarby selfs hul gaste goed ingepas het. Liaan het die rooi das en swart pak self gekies – ‘n week voor die troue!

Die stres en vrese dat sy iets vergeet het, het weggesmelt en ‘n kalmte het oor Janti gekom toe die dag so perfek in plek val, en die rustige atmosfeer van hul venue, The Dunes in Keurbooms het daartoe bygedra. Blitsvinnig het kalmte plek gemaak vir die emosionele oomblik wat sy uit die kar klim en na haar toekoms stap. Die trane het vlak gelê terwyl sy deur die spiraalvorm stap, letterlik omring deur almal wat vir hul lief en dierbaar is.

 

Hul troudag was perfek, niks het skeef geloop wat nie maklik reggestel kon word nie – ‘n dag wat hul nooit sal vergeet nie.

Wanneer laas het Liaan Janti so opgewonde gesien om ‘n kontrak te teken?

“Ons spyskaart was baie oudtyds, ons het baie vriende en gaste gehad wat hou van jou ouma se kos. Dit was sop en brood, Rys, hoender, lamb roast, en hake met pampoen en spinasie en ook ‘n slaai. Nagereg was chocolate lava cake met roomys en troukoek. Die troukoek was wortel en vanilla.”

Die photobooth het ure se vermaak verseker by die onthaal, en selfs die bruidspaar het ‘n kans gehad om vir oulaas ‘n foto te neem…


Diensverskaffers:

Venue:The Dunes Resort Keurbooms
Blomme en Dekor:Bouquets Pippa’s flowers, Dekor gehire – Plates & things, Somethings borrowed – belville, happy Tree Design – Brackenfell. Other stuff bought at Iniek & The Wedding store.
Bruid rok :Crystals & Creme Wedding Dress Boutique
Bruidegom pak: Suit Hire
Strooimeisie rokke: Bride & Co
Predikant/offisiant: Ds Chris du Preez
Fotograaf: Andre Campher
DJ en musikante/vermaak: Dj Mervin
Hare en Grimering: Hair – Tanja Salon Exclusive , Make- up – Bianca Mua De Ridder

Wil jy jou troufoto’s, verlowingsfoto’s of liefdesverhaal met ons deel? Stuur vir ons ‘n epos na hallo@ervarebruid.com!

Back To Top