skip to Main Content

Unieke trou-dekor wat nie jou sak breek nie

Unieke Trou-dekor Wat Nie Jou Sak Breek Nie

Moeg vir die ou gewone trou-dekor? Voel of elke styl van blomme, kerse en rose-gold underplates al ‘n 1000 keer gedoen is? Wil jy dalk  geld op dekor spaar deur bietjie kreatief te wees met jou dekor? Hoewel sommige bruide steeds mal oor tradisioneel en tafels vol blomme is, is daar bruide wat graag bietjie iets unieks wil probeer… hierdie blog post is spesiaal vir hulle. Jy kan natuurlik tradisioneel en uniek kombineer vir ‘n nuwe twist op tradisie…

 Gebruik die natuur se unieke teksture:

Die eerste plek waar jy kan begin soek vir unieke inspirasie is in die natuur – maar moenie dink die ou gewone blomme-ruikers nie, die natuur bied soveel meer! Dink mushrooms, kaal boomtakke waarin jy selfs handgemaakte items kan hang, en blare en blomme wat nie gewoonlik trou-dekor geag word nie. Selfs klippe, sade – enige iets wat uit die natuur kom kan aangewend word…

Hier is ‘n paar oulike natuur-geinspireerde idees:

Takke, bome & blare…

Kaal takke is maklik om op te spoor – veral as jy in die winter trou. Dit is goedkoop (of verniet), en met ‘n bietjie harde werk en kreatiwiteit kan dit in iets besonders omskep word. Daar is soveel verskillende maniere hoe jy dit kan aanwend as dekor. Jy kan dit op die tafels sit, of oor die tafels, verf of versier met liggies of enige handgemaakte item of net kaal hou. Groot kaal takke maak die tafel vinnig vol in die plek van massas greenery. Hoe groter die tak – hoe meer opsies het jy om botteltjies met kerse of ander unieke elemente daarin te hang.  Wat lekker is van takke as dekor is, nie een lyk presies soos die ander nie so elke dekor element gaan uniek lyk, maar tog eenvormig. Dit skep ‘n pragtige atmosfeer!

Takke kan ook gebruik word as ‘n basis vir ‘n tafelplasingbord as jy all-out wil gaan met die tema en die name in die boom hang. Jy kan selfs dit verder vat en takke in verskillende lengtes sny en in botteltjies sit, of om die kante plak vir ‘n baie unieke voorkoms.

Nog ‘n bietjie nader aan tradisionele idee is, gebruik greenery pleks van blomme. Sit takke met greenery in bottels (sonder blomme) of rondom botteltjies of kerse – takke soos eucalyptus sal goed werk in die lente of somer vir ‘n tropiese gevoel. Hoe sê hulle? Foliage is the new flower… Groen blare en kleiner takkies kan ook kreatief aangewend word om gewone dekor items soos botteltjies en kerse bietjie tekstuur te gee. Blare-ruikers is ook baie goedkoper en as dit inpas by julle tema en kleurskema lyk dit net so mooi.

Vir nog baie meer idees tik op pinterest een van die volgende in: ‘Bare branch décor’, ‘driftwood décor’ of ‘tree wedding décor’ of iets soortgelyk, daar is talle ander idees.

Mushrooms, groente en vrugte…

Nog ‘n uitstekende plaasvervanger vir blomme – mushrooms, groente en vrugte bring kleur, tekstuur en ‘n unieke element na jou troue. Daar is geen reëls oor wat jy mag en nie mag gebruik nie so jy kan bietjie rondspeel met die voorkoms totdat jy gelukkig is. Dis maklik om self te koop en dit spaar jou ‘n plaas se prys op blomme! Jy kan ‘n hele tema skep met een soort vrug (sien ons blog-post oor uniek-sjiek trou-temas vir een so ‘n tema: 5 Uniek-sjiek trou temas) of byvoorbeeld ‘n tropiese of  woud-tema skep, of jy kan net gelei word deur die verskillende kleure en teksture en wat in seisoen is…

Van hierdie foto’s het ons ook voorheen gebruik in ons blog post oor  hoe om die perfekte kleurskema vir jou troue te kies- omdat unieke teksture en unieke dekor elemente soms net so belangrik is (of selfs belangriker) as die perke van ‘n vaste kleurskema. As jy met hierdie tipe natuurlike items rondspeel as dekor, sal jy gou sien dat jou kleurskema daardeur gelei gaan word.

Jy hoef natuurlik ook nie die blomme totaal en al te los nie, as jy nie noodwendig wil geld spaar spesifiek op blomme nie – maar eerder net bietjie iets unieks doen sal jy ook inspirasie in die foto’s vind. Nie net is vrugte en groente goeie plaasvervangers of toevoegings tot blomme nie, dit kan ook dien as kers-houers of blompotte… of jou voorgereg kan ook dien as dekor – teen die tyd wat dit op is gaan almal in die saal in. Eco-friendly trou-dekor – ons dink dis ‘n blink plan!

Die tema kan ook in julle ruikers inkorporeer word, en as jy nog tekstuur wil byvoeg – wat van vere?

 

Potplante en bonsai’s…

Potplante is groot in 2018, en dit is so ‘n maklike dekor-element want jy hoef niks verder met dit te doen nie, en dit gaan nie net dood na ‘n aand nie – dit kan as huis of tuin dekor dien na die troue. As jy ‘n vriend of familielid het wat bonsai of potplant mal is kan jy altyd leen en hope geld spaar… Dis tegnies nie ‘n alternatief tot blomme nie, maar dit is wel uniek in vergelyking met die gewone blomruikers wat ons gewoond is om te sien by troues. As jy bietjie wil geld spaar kan jy potplante gebruik in ‘minder belangrike’ areas soos die cocktail area en die ingangsportaal en die werklike duur dekor spaar vir die saal en die seremonie.

Plante soos vetplante en sekere kruie groei vinnig, en in klein potjies kan dit vinnig ‘n tafel vol maak as jy wil DIY, gebruik uiteindelik al daardie Checkers Little Garden’s as jy dit nog het…

Laat jou obsessies jou inspireer…

Hetsy dit musiek, kuns of ‘n ander kultuur is – laat dit jou inspireer om jou troue ‘n unieke dekor element te gee… Die voordeel van ‘n tema kies rondom waarin jy belangstel is – jy behoort lekker baie verwante items te hê wat rondlê in jou huis wat jy kan aanwend soos ou bladmusiek en dalk ‘n instrument of twee…

Musiek…

Ou bladmusiek, plate, CD’s of instrumente kan aangewend word om julle liefde vir musiek uit te beeld. Daar is soveel om met die tema te doen hetsy jy van klassieke musiek hou of meer ‘n Rock-chick is. As jy ‘n sentimentele persoon is en al julle shows wat julle saam gaan kyk het se kaartjies gehou het kan jy dit dalk nou benut. Sit ou kaartjies, of julle gunsteling ou CD’s in fotorame op die tafels of gebruik dit op die gasteboek vir persoonlike elemente.

Storieboeke…

Julle gunsteling boek of net boeke oor die algemeen- mens kan baie pret hê met die dekor element. Boekmerk dankie-geskenke, aanhalings uit storieboeke en soveel meer… die Bybel kan ook hierby ingesluit word. Baie van die foto’s wat ons gevind het is Harry Potter-tema, maar dit kan aangepas word vir enige boek…

Foto’s…

As jy baie foto’s oor die jare versamel het van julle twee saam is dit nou ‘n lekker tyd om dit te benut. Foto’s van julle saam, julle families, julle kinderdae – enige foto’s wat die gevoel van nostalgie skep. As daar nou een dag is waar jy nostalgies mag wees is dit jou trou-dag. Jy kan dan die tema ook bietjie verder neem en kameras as dekor gebruik, ‘n instagram-banier gebruik pleks van ‘n tradisionele photobooth, polaroids as dankie geskenke gee en net foto-mal gaan! Jy kan DIY fotorame maak of ou fotorame onder jou familie en vriende versamel, of ander kreatiewe maniere vind om foto’s uit te stal.

Papier elemente…

Papier blomme is wel al gedoen (en steeds mooi) maar daar is meer as net blomme wat jy kan vou uit papier uit. By my eie troue het ons papier vliegtuigies in die paadjie af gebruik. Hier is ‘n paar oulike idees vir DIY papier dekor elemente wat mooi vertoon! Handgeskrewe spyskaarte, plekname, tafel-name/nommers en dankie kaartjies maak dit baie persoonlik en is maklik om te doen…

Origami is ook ‘n prettige manier om die troue op te helder. Dit kan self gedoen word en is ook ‘n baie maklike manier om tema en kleurskema uit te beeld…

Klein unieke details…

Vir die bruid wat hou van die klassieke look, maar net ietsie anders wil doen – lees verder! Die duiwel kruip mos weg in die details – doen net so ietsie anders wat uitstaan en gaste laat wonder wat die storie agter die storie is…

Hier is voorbeelde daarvan:

Dis tien teen een iets cute soos ‘die lig van my lewe’ ..maar wie weet?

Persoonlike wynbottyel-labels is ‘n oulike toevoeging en dit wys julle het werklik moeite gedoen om aan die klein details te dink…

As julle, of enige een in julle familie of gevolg kan verf (hetsy iets abstrak of portrette) is dit ‘n baie oulike en persoonlike toevoeging tot die dekor. Julle kan klein verfwerke op elke tafel op ‘n mini A-raam sit of dit as gasteboek gebruik…

Suit up! Soos Barney sou sê… hierdie bruid se ma het die hele jaar strikdasse gemaak vir elke manlike gas… jy kan dit doen met serpe, krale, dasse, hoedjies, sonbrille – wat ook al jy wil. Dit gaan die oulikste foto’s maak en gaste laat pret hê en deel voel van die vieringe. Jy kan selfs al die toerusting gereed hê vir blomkrone vir die dames – dis eintlik baie maklik – ook ‘n oulike idee om gaste besig te hou – hê iemand daar wat kan help.

 

 

Servette of messe en vurke met ‘n persoonlike touch, dit is werklik ‘n klein detail wat baie sal waardeer. Dit kan ook gedoen word met underplates, glase of enige iets op die tafels…

Hierdie paartjie het koekies in die vorm van die staat in Amerika waar hulle ontmoet het gemaak. Nog ‘n oulike persoonlike detail wat die troue karakter gee.

Dis dalk ‘n bietjie out-there in terme van koste – maar teëls in die plek van underplates is ‘n unieke idee wat beslis nie gereeld gedoen word nie…

In die plek van runners gebruik papier runners en skryf persoonlike boodskappe, verse of gedigte daarop… Jy kan dit selfs doen met die tafels as jy beslis all-out wil gaan. Verf die tafel met swart kruit-verf en skryf dan die tafelplasings op die tafels.

Nog ‘n oulike manier om jou gaste te verras – versier die stoele van sleutel mense in jul verhouding – soos die een wat julle aan mekaar voorgestel het of julle rolmodelle.

Vir nog inspirasie vir jou trou-dekor, tema en kleurskema mag die volgende blog-posts dalk van hulp wees:

Hoe om bordjies vir jou troue maklik en mooi te DIY

Kies die perfekte kleurskema vir jou troue

5 Unieke trou temas en venues wat daarby pas

Sterrestelsels, neon ligte, satyn en ander 2018 trou-dekor giere waaroor ons mal is

Vir nog idees en inspirasie kan jy ons gerus kontak! Moenie vergeet om ons gratis elektroniese hulpbronne vir jou troue af te laai nie, en ons troubeplanner eBoek is beskikbaar in Engels en Afrikaans vir slegs R120!

Happy planning bruide!

xoxo

This Post Has 2 Comments

Comments are closed.

Back To Top