skip to Main Content

Wat kos ‘n troue in Suid-Afrika?

Wat Kos ‘n Troue In Suid-Afrika?
*English image at the bottom of the post
Die moeilikste deel van troue beplan, en sekerlik die moeilikste deel van troubegroting opstel is om te weet hoeveel om vir wat te begroot. As jy te veel op een plek spandeer, moet jy sny op ander plekke waar jy werklik nie wil nie, en jou droom troue word stukkie-vir-stukkie verander.. Die ander groot probleem wat bruide het is dat hulle onseker is of pryse werklik billik is en of hulle vir ‘n ‘ride’ gevat word deur die trou-industrie.
 
Die Ervare Bruid het dit probeer vergemaklik deur visueel uit te beeld hoeveel van jou begroting min of meer op wat spandeer moet word. Dis natuurlik aanpasbaar volgens jou behoeftes, maar is ‘n goeie beginpunt. Om te voorkom dat jy te veel van jou geld vir spesifieke dienste begroot, en weer te min vir ander – is hier ‘n visuele illustrasie van min of meer hoeveel % van jou begroting vir wat moet gaan. Hou ingedagte elke troue verskil en jy mag dalk kies om meer te bestee op een plek en minder op ‘n ander – hierdie is gebasseer op die gemiddelde troue:
 
Hou die volgende dinge ingedagte wanneer jy die visuele illustrasie gebruik:
 
Sien ons gratis excel begroting dokument – daar is ‘n paar dinge daarop wat nie hierby ingesluit is nie – onder andere:
 
1. Jul gevolg se uitrustings– julle kan saam besluit of julle daardie onkostes kan/wil dra;
 
2. Enige iets wat minder as 1% van die begroting was is nie ingesluit nie insluitende die troukar en vervoer; gevolg se geskenke; gereedmaak uitrustings; koevert boks; ring boks; danslesse; gasteboek ens. Dis jou keuse of jy meer wil spandeer op die dinge;
 
3. Verblyf is nie ingesluit op die grafiek nie – omdat dit moeilik is om te standardiseer en afhang van die venue en area asook vir hoeveel mense julle kan/wil betaal;
 
4. Meubels, elektriese en strukturele huur-items – dit hang alles af van die tipe venue. ‘n Venue wat nie die dinge insluit nie behoort baie goedkoper te wees. Bv as jy jou familie se plaas gratis gebruik – maar jy moet al die strukturele elemente maak of huur;
 
5. Die volgende items word gewoonlik uit die bruid of bruidegom se eie sak betaal en nie uit die troue se fonds nie: trouringe; skoonheid en gesondheidsbehandelinge; versekering;
 
6. Dienste soos koördineerder– meeste bruide wat ons boek gebruik en ons blog lees beplan alles self en gebruik dus nie ‘n koördineerder nie, maar voel vry om een te gebruik as jy sou wou.
 
7. Die Venue & kos en drank kan soms saam gaan as die venue die spyseniering doen. Hierdie twee items se koste kan varieer tussen 30% en 50% van jou begroting afhangende van die tipe venue, wat die venue alles insluit, die tipe kos wat jy wil bedien en die hoeveelheid gaste wat jy nooi. Die venue se bedrag sluit ook die prys van dienste soos skoonmaak-dienste, kelners, baba-oppassers ens in.
 
8. Dekor en blomme kan saam tussen 15 en 35% van jou begroting wees, afhangende van jou styl, die tipe blomme en dekor wat jy gebruik, hoeveelheid tafels/gaste en die grootte van die saal.
 
9. Die honeymoon kan natuurlik BAIE meer as 15% van jou begroting wees, afhangende van waarheen julle wil gaan en vir hoe lank. As jy gelukkig is, sluit julle dit nie by die begroting in nie omdat dit apart betaal word.
 
10. Bepaal waar jou vriende of familie jou goedkoper kan help, of waar jy sal kan DIY om geld te bespaar – sodoende weet jy waar jy die begroting kleiner kan maak om dit op ander plekke bietjie meer te maak.
 
11. Met inagneming van alles bespreek hier bo (en alles ingesluit) kos die gemiddelde Suid -Afrikaanse troue in 2018 tussen R1500 en R2000 per persoon.
 
Hoop hierdie het die begrotingsproses so bietjie vergemaklik en ‘n paar knaende vrae beantwoord – kontak ons gerus vir verdere hulp of raad!
 
Happy planning!
X0X0
This Post Has One Comment

Comments are closed.

Back To Top