skip to Main Content

DIY inspirasie: Maak sò maklik al die signage vir jou troue

DIY Inspirasie: Maak Sò Maklik Al Die Signage Vir Jou Troue

Signage kom in een of ander vorm by elke troue voor van ‘n tafelplasingbord, welkom bord, aanwysings en instruksies, spyskaart, ‘teken ons gasteboek’ bord, oulike versies of gediggies tot enige ander signage wat jy jou kan indink. As jou begroting baie styf is knip jy dalk hier die lys kort omdat dit so duur is om te laat maak, maar jy hoef glad nie! DIY signage kan jou tema beklemtoon en ‘n baie persoonlike touch op die troue wees – en dit kan werklik mooi gedoen word as jy weet hoe, moenie dat die fancy letters jou intimideer nie, daar is maklike maniere om dit soos ‘n pro te doen.

1. Deursigtige welkom bord – Totale prys: R170 – R250

Deursigtig is die nuwe in-ding. Verwelkom jou gaste in styl met ‘n self-doen item sonder dat dit soos ‘n self-doen lyk…

Wat jy benodig:

– ‘n Stuk glas so groot soos wat jy die bord wil maak (Builders Warehouse R142)
– As jy die glas in ‘n groot raam (of op ‘n esel soos in die foto) wil sit kan jy een uit hout maak of koop. Om geld te spaar kan jy ‘n goedkoop een in enige kleur koop en die kleur van jou keuse spray-paint. Of nog beter as julle ‘n mooi raam in die huis het wat julle bereid is om af te staan laat sny net ‘n stuk glas om daarin te pas.
– Paint marker met ‘n relatiewe skerp punt vir detail (R31 op Takealot of in enige kuns winkel) in enige kleur wat jy verkies. As jy ‘n baie groot bord wil maak of meer as een koop so 2 of 3.
– ‘n Ou handdoek of kombers
– Sellotape
– ‘n Gewone steakmes met ‘n skerp punt
– ‘n Lang liniaal
– Die woorde/letters wat jy wil opsit in die font en grootte wat jy dit wil hê geprint (hoef nie op een bladsy te wees nie). As jy nie kan/wil print nie kan jy ook jou papier teen die rekenaar skerm hou en die buitelyne van die letter af teken. Solank die vorm daarvan lyk soos wat jy wil hê dit moet lyk op die glas. As jy nie goed is met sulke fyn werk nie kry jou strooimeisie of ‘n vriendin met ‘n fyn hand vir die tipe ding om jou te help.

As jy op word/powerpoint nie die font kry wat jy soek nie kan jy die alfabet letters google en jou eie woorde vorm. Tip: Gebruik lyntjies papier of ‘n liniaal om seker te maak jy teken dit reguit.

So maak jy…

1. Maak seker die glas is mooi skoon. Sit ‘n ou handdoek onder die glas wanneer jy werk daarop en werk sag om te voorkom dat die glas breek

2. Pak die letters agterop die glas in die formasie wat jy dit op die glas wil hê en plak dit vas met sellotape. Gebruik die liniaal of ‘n maatband vir hierdie stap en sorg dat dit presies reguit is.

3. Op die voorkant van die glas sal jy nou die letters sien deurskyn so maak seker dit lyk presies soos jy dit wil hê en trace dan die letters af met die paint marker. Doen dit stadig. Enige plek waar die rand van die letter bietjie oorgegaan het kan jy versigtig afkrap met die punt van die steakmes.

4. Gaan met ‘n tweede laag oor indien nodig om alle klein gaatjies toe te maak en die lyne perfek te kry.

5. Haal die papier en sellotape af en maak weer skoon.

En voila – wie het gesê DIY is moeilik?

2. Verf jou eie signage op ‘n gewone canvas:

Verf enige iets op ‘n canvas en gebruik jou troue se kleur of tema om daarby in te skakel. Die prys kan grootliks verskil hang af watter canvas jy gebruik, hoe groot en die tipe verf – shop rond tot jy die beste prys vind. Jy hoef nie noodwendig baie kunstig te wees of ‘n kalligraaf te wees nie, hier is die geheim…

(Die foto hieronder word as voorbeeld gebruik en het ‘n tropiese tema inspirasie – maar solank jy die prente kan vind om te verf en die regte kleure gebruik is enige tema doenbaar.)

Wat jy benodig:

– ‘n Canvas en ‘n primer om die canvas voor te berei
– Akriel verf in die kleure van jou troue, asook die kleur wat jy die letters wil hê
– ‘n Klein kwas vir fyn detail en ‘n medium-grootte kwas vir groter areas
– Duct-tape
– ‘n Liniaal
– ‘n HB potlood & uitveër
– ‘n Fine-point permanent marker (Moet dieselfde kleur wees as jou letters se verf)
– ‘n Skêr
– Transpirant papier of iets soortgelyk. Jy gaan weereens, nes met die glas welkom bord, die letters print in die font en grootte wat jy dit wil hê op die canvas, en dan op die transpirant papier aftrace met ‘n permanent marker. As jy vriende is met onderwysers wat nog old-school transpirante gebruik is jy in luck – maar jy sal dit ook te koop kry êrens of maak enige iets soortgelyk wat dieselfde doel dien DIY.
– Doen ook dieselfde vir enige prente – soos blare of blomme wat jy wil verf as jy nie goed is met prente met die vrye-hand teken nie. Google royalty free sketches in die vorm wat jy wil hê (bv royalty free tropical leave sketches om die bogenoemde prent na te maak)

So maak jy…

1. Om enige blokke (soos in die hoeke op die voorbeeld) te verf maak gebruik van die duct-tape om te voorkom dat jy oor die lyne gaan.

2. Vir die letters en prente: Jy het een van twee opsies afhangende van hoe groot die letters en prente is. Jy kan die letters of prente uitknip en dan soos ‘n stencil gebruik en dit in potlood op die canvas teken.

Die ander opsie is om die konsep van ‘n transpirant te gebruik met ‘n skerp lamp. Vind ‘n manier om die deurskynende papier met die letters/prente voor die lig te hou en sit die canvas regop teen iets voor die lig totdat die prent reflekteer op die canvas soos jy dit wil hê sodat jy dit kan aftrace. As jy iemand ken wat baie DIY kuns-projekte doen en vir jou ‘n Art Projector kan leen sal dit nog beter wees (Die goedkoopste een op takealot kos R799 as jy wil oorweeg om dit te koop en weer na die tyd te verkoop of ‘n DIY boffin word).

Of jy kan natuurlik weereens net ‘n vriend of vriendin met ‘n baie fyn hand vir hierdie gedeelte inspan om dit met die vryehand in potlood op die canvas vir jou te skryf/teken.

3. As jy tevrede is met die potlood lyne, gaan met ‘n permanent marker oor wat die lyne dikker maak en dit bietjie makliker gaan maak om binne die lyne te bly wanneer jy verf – veral met fyn letters.

4. Verf die prente en of letters in die kleur wat jy wil hê.

Ons hoop hierdie het jou inspireer om ‘n paar baie persoonlike DIY elemente by jou troue te voeg.

3. Knip letters uit papier en handgeskrewe kaartjies…

Vir verdere inspirasie – hier is ‘n Jhb troue afgeneem deur Picture Me & U wat ook al hul signage, dankie kaartjies en vele meer DIY gedoen het uit papier. Lyk dit nie pragtig en uiters persoonlik nie? Vir nog verdere inspirasie gaan loer op ons pinterest blad.

This Post Has 2 Comments
  1. […] Spyskaart, welkom-bord, tafelplasingbord en enige unieke signage. Om hierdie item te laat maak of koop is veral duur omdat dit spesiaal gemaak moet word vir elke unieke troue – hier kan jy verseker kreatiwiteit inspan en sakke vol geld spaar om elders aan te wend. Indien jy dit wil aanpak, ons het ‘n blog post gedoen oor hoe om maklik signage vir jou troue te maak. […]

Comments are closed.

Back To Top