skip to Main Content

9 Stappe tot ‘n waterdigte troubegroting

9 Stappe Tot ‘n Waterdigte Troubegroting

In ons eBoek vat ons jou in detail deur hierdie proses – maar vir ons getroue lesers wil ons graag ten minste die riglyne gee. ‘n Goed deurdenkte begroting wat tyd vat, en baie navorsing vereis laat baie minder spasie vir foute en onvoorsiene kostes. As jou finansies beperk is, is dit belangrik dat jy bedrae slim allokeer. Dit sal ook voorkom dat jy later moet compromise op dinge wat nie nodig sou gewees het as jy slim beplan het nie.

Hier is die Ervare Bruid se 9 riglyne tot ‘n akkurate en realistiese troubegroting:

1. Hoeveel gaste gaan julle nooi?

Jy benodig ten minste ‘n geskatte getal mense wat julle van plan is om te nooi voordat jy enigsins kwotasies kan kry. Ons het reeds vir jou ‘n gratis excel gastelys met formules in gemaak – so kry dit op ons webwerf. Die getal mense affekteer amper alles wat geld kos – groter venue, meer kos, meer tafels en stoele, meer dekor en selfs langer formaliteite.

2. Kies julle gevolg…

Dis belangrik dat jy weet hoeveel strooimeisies en strooijonkers jy het – party venues beperk die getal. Hoe groter jou gevolg is hoe meer geld gaan uitgegee moet word op geskenkies, gereedmaak uitrustings en hul trou-uitrustings. Maar kies wie jy wil hê – dis jou groot dag en goeie vriendinne is ‘n MOET op jou troudag. Ek het my strooimeisies HEEL eerste gevra want ek kon dood eenvoudig nie wag om hulle te vra nie!

3. Bepaal die totale finansies beskikbaar…

Hierdie een is sekerlik baie obvious – maar vir volledigheid noem ons dit. Jy kan nie meer begroot as wat beskikbaar is nie. Hoeveel kan julle en jul families nou bydra, en hoeveel kan julle spaar tot en met die troue. Maak seker alle partye wat bydra is 100% betroubaar. Hou ingedagte jy benodig nou relatief groot bedrae vir deposito’s.

4. Bepaal watter tipe troudag julle wil hê…

Dis dalk nodig om bietjie jou verloofde met ‘n koppie koffie nader te trek vir ‘n gesels-sessie. Wat het julle ingedagte vir julle troudag as dit kom by venue, trourok, trou datum, honeymoon, spesifieke diensverskaffers soos die fotograaf, musikante, vermaak en DJ, troukoek, kos en dekor styl. As julle byvoorbeeld reeds ‘n spesifieke datum of venue ingedagte het moet julle bepaal wat die finansiële implikasies daarvan is. Die duurste fotograaf, of ‘n bekende musikant? ‘n Dak vol blomme? Ontwerpersrok? Honeymoon in Santorini? Bepaal wat al julle vooropgestelde idees julle uit die sak gaan jaag, en besluit hoe ononderhandelbaar hierdie dinge vir julle is.

5. Gaan kyk na venues…

Voordat julle wegspring en julle hart op ‘n venue verloor – gaan kyk ten minste na so 3 of 4 venues. Hê ‘n kortlys van datums gereed en vergelyk venues slim. In ons eBoek verduidelik ons in detail hoe jy venues se pryse vergelyk wat vreeslik verskil. Vat ons venue checklist wat gratis op ons webwerf is saam. Maak vooraf ‘n lys van alles wat julle uit jul venue wil hê en vind dan venues wat aan die meeste vereistes voldoen en binne jul begroting pas. Dis darm lekker om saam na venues te kyk en julle kan ‘n fun dag daarvan maak. Voordat julle amptelik book wag net ‘n oomblik…

6. Kry kwotasies en doen navorsing…

Hierdie stap vat lank maar dis die heel belangrikste stap van almal. Julle het nou ‘n kortlys van 2 of 3 venues wat aan julle kwotasies uitgereik het. Nou moet julle kwotasies kry vir al die ander spesifieke dinge wat julle ingedagte het. Dit hoef nie presies akkuraat te wees nie maar hoe meer werk jy insit in die stap – hoe meer waterdig gaan jou begroting wees. Besoek expo’s, gesels met ervare bruide, ontmoet diensverskaffers en kry soveel kwotasies as moontlik. As jy geen idee het wat jy wil hê as dit kom by rok of dekor nie, dink ten minste wat jy van hou en wat nie. Het jy ‘n understated, minimalistiese styl of wil jy all-out gaan? Daai gesels sessie vroeër het sekerlik darm vir julle bietjie sekerheid gegee oor wat julle uit julle troudag wil hê. Voordat mens finale besluite neem is dit goed as jy eers al julle voornemende uitgawes saam sien – is dit bekostigbaar en realisties? Is dit alles broodnodig of kan jy iewers sny? Gaan julle na die troue en honeymoon darm nog brood kan bekostig?

7. Kies julle venue en troudatum…

Noudat jy mooi gedink en beplan het mag julle maar die deposito betaal en die datum vasmaak! Jippee!! As ‘n spesifieke fotograaf, musikant of DJ ‘n MOET is vir julle, book hulle ook sodra julle ‘n datum het.

8. Maak inspirasie blaaie…

Noudat julle weet wanneer en waar julle trou kan julle begin idees bymekaarmaak. Dis veral belangrik dat julle nou op ‘n styl of tema besluit. Blaai deur tydskrifte, pinterest, trou-blogs en facebook blaaie en gaan bos! Kry ‘n idee waarvan jy hou – veral as dit kom by dekor styl en kry kwotasies. Kyk na ons gratis blomme en dekor plan op ons webwerf om te sien wat alles oorweeg moet word as dit kom by dekor en blomme. As jy ons eBoek koop kan jy ons inspirasie blaaie gebruik of jy kan jou eie maak. Sodra jy min of meer weet wat jou styl is – begin pryse uitvind. Jy gaan dalk nie nou al akkurate kwotasies kan kry nie, maar weet ten minste of jy kyk na ‘n dekor begroting van R10 000 of R40 000.

9. Finaliseer jou begroting…

Ons het alreeds vir jou een opgestel in excel met formules in om gratis af te laai op ons webwerf – so dis baie maklik! Trek jou sakrekenaar nader en beplan in soveel detail as moontlik. As jy twyfel – begroot altyd meer as wat jy verwag om te spandeer – en onthou om onvoorsiene kostes te begroot vir dekor en vir enige iets anders. Hoe groter jou totale begroting hoe groter bedrag moet beplan word vir onvoorsiene kostes.

En siedaar – die groot admin is klaar! Nou kan jy fokus op die lekker deel van troubeplanning…

Back To Top