skip to Main Content

Wyn en vonkelwyn– hoe om vir jou troue slim te koop

Wyn En Vonkelwyn– Hoe Om Vir Jou Troue Slim Te Koop

Alhoewel ek ‘n glasie wyn terdeë geniet, is ek geen kenner. Ek het dus bietjie navorsing gedoen oor watter wyn en vonkelwyn die beste aftrek gaan hê by die meeste van jou gaste, jou disse en seisoen van jou troue sal komplimenteer – en nie jou sak breek nie.

Baie faktore beïnvloed hierdie keuse.

Eerstens – gaan proe ‘n paar wyne en bepaal watter wynplaas of verskaffer se wyn vir jou lekker is. Ek persoonlik is mal oor Spier en Beyerskloof wyne. Sluit aan by ‘n wynklub, soos jou gunsteling wynplaas s’n of byvoorbeeld oranje rivier kelders – sodoende kan jy deur die loop van die jaar enige spesiale aanbod benut, en jy kry ook wyn op afslag – ek en my man het ons gunsteling wyn en vonkelwyn teen 30% afslag gekoop en dit is by ons deur afgelewer.

Vonkelwyn…

Wyn is nog opsioneel maar ‘n glasie vonkelwyn met heildronke is ‘n moet! Doen bietjie moeite, as jy sjampanje vir heildronke koop waarvan almal moet drink – moenie die eerste en goedkoopste een koop wat jy kan kry nie. Proe ‘n paar en kies iets binne begroting wat ten minste lekker proe.

As begroting nie te veel van ‘n issue is nie – kies ‘n sjampanje wat volgens die ‘cap-classique’ metode gemaak is, of egte Franse sjampanje– hul borrels hou baie langer. ‘n Bekende voorbeeld hiervan is die Twee Jonge Gezellen se Krone – alhoewel die metode nou baie populêr is, en dit dus makliker is om op te spoor.

Wynplase in Suid-Afrika maak almal ook hul eie vonkelwyn en hulle sal voorstelle hê van watter vonkelwyn saam met watter dis bedien moet word.

‘n Voorbeeld van ‘n lekker vars alternatief tot die ou gewone JC le Roux – wat steeds nie jou sak breek nie is Spier se Secret Sparkling. My man hou daarvan en hy is nie gewoonlik ‘n voorstaander van vonkelwyn nie. Dit is ook lekker saam met canapès.

Maak seker jou vonkelwyn word yskoud bedien – reël dat dit op ys gesit word tot reg voor die heildronke.

Jou begroting…

Die duurste wyn is nie noodwendig die beste nie, en moet nooit aanneem ‘n skroef top wyn is cheap nie. As jy glad nie sterk opinies oor wyn het nie stick jou verloofde en gevolg of ouers vir ‘n wynproe-aand, en hou ingedagte die seisoen, tipe kos en gaste by julle troue… lees verder om uit te vind waarvoor jy moet uitkyk wanneer jy wyn proe…

Jou venue, styl en gaste…

As jy ‘n spul gaste nooi wat jy weet eerder bier drink, kan jy beslis die aantal bottels wat jy aankoop verminder. Goeie raad wat dit betref is – doen eers jou tafelplasings en besluit dan saam hoeveel mense aan elke tafel werklik wyn sal drink.

Meeste venues laat ongeveer 2 bottels per tafel van 10 mense toe – sekere tafels gebruik dit glad nie terwyl ander weer te min het. As jou gaste so ongebalanseerd is as dit kom by wyn – hê miskien ‘n wyn tafel sodat die tafel saam kan besluit wat hulle wil hê, of hou die wyn by die kroeg. Dit werk lekker as alles op een plek weg van die mense is en net diegene wat werklik wyn wil hê vir hulle gaan kry– want dit voorkom dat jy na die tyd sit met 10 half-vol wynbottels wat mense oopgemaak het, en net een glasie van geskink het. Die toe bottels wat oorbly kan as geskenke later weggegee word of self gedrink word. (Ons het net 4 bottels oorgehou en al 4 is saam op honeymoon).

Rooi of wit?

Die raad wat uiteenlopend van verskillende bronne kom is hê ‘n kombinasie van wit en rooi. Baie mense sê wit wyn in die somer, en rooi in die winter – maar beter raad wat ons ontvang het is dat rooiwyn liefhebbers enige tyd van die jaar rooiwyn wil hê, en die wyn moet eerder jou disse komplimenteer as die weer. Beplan dus eers die spyskaart – en dan die wyn.

Swaar rooiwyne soos Cabarnet Sauvignon werk lekker saam met ryker disse en komplekse geure. Maar as jou gaste nie groot liefhebbers is van sulke swaar wyn nie – probeer ‘n ligter rooiwyn soos Riesling of ‘n ligter Merlot of dalk ‘n veelsydige witwyn soos Chenin Blanc. Jy kan ook ‘n ligte pienk kombinasie wyn probeer soos Chardonnay-Pinot Noir, dit is soeter en gaste wat nie te mal is oor wyn nie hou gewoonlik meer daarvan. Dit is ook ‘n lekker alternatief vir Rosè.

Ligter disse soos seekos, hoender, vingerhappies en slaai pas goed by ligte, wit wyne soos Chardonnay of Riesling. Omdat dit die tipe disse is wat mens in die somer bedien – is dit hoekom hulle baie keer voorstel dat dit meer ‘n somer wyn is.

Watter nagereg bedien jy?

Nagereg gaan verseker nie totaal en al jou keuse van wyn dikteer nie, maar dis iets om ingedagte te hou – as jy byvoorbeeld net droë rooiwyn voorsit, en ‘n sjokolade-ryke nagereg bedien.

As jou nagereg sjokolade in het of ‘n ryk sjokolade dis is, is hier ‘n paar riglyne:

Vermy baie droë rooiwyn – contrary to popular belief gaan die twee nie goed saam nie.
Gaan vir ‘n wyn net so soet, of soeter as die sjokolade.

Donker sjokolade gaan goed saam met ‘n voller rooiwyn soos Merlot (kyk uit vir iets fruity), terwyl romerige sjokolade of sjokolade mousse weer lekker werk saam met ‘n ligter wyn soos Pinot Noir. ‘n Sjokolade poeding of koek werk lekker saam met Port. Wit sjokolade word gewoonlik bedien saam met Sherry of Muskadel.

Finale keuses…

Mens kan nie op die ou end verkeerd gaan met ‘n goeie kombinasie van verskillende rooi, wit en pienk wyne en ‘n lekker vonkelwyn nie. Wynproe kan ‘n lekker idee wees vir ‘n date-night, kuier saam met vriende of selfs die begin van ‘n bachelorette aand… sodoende laat jy jou gaste jou help kies en jou keuses is maklik…

Back To Top