5 Uniek-sjiek trou temas en Suid-Afrikaanse venues wat daarby pas

Troues het meestal klassieke temas soos sag en romanties, rustic, vintage, modern, bohemian ensovoorts. ‘n Troue met ‘n ‘weird’ tema kan cool wees, of dit net te ver vat… Hier is ‘n paar ‘vreemde’ temas wat dit reggekry het om uniek-sjiek te wees en van hulle het ons inner geeks laat glimlag…
1. Game-of-Thrones…
Die winter is hier, so bly warm met hierdie wow-faktor elemente uit die game-of-thrones tema (minus die bloedskande en bloedbad). Van draak-eier dekor en draak-skubbe troukoeke tot medieval rokke en haarstyle tot game-of-thrones tafel name – hier is ‘n paar awesome redes om ‘n game-of-thrones tema troue te hê, en venues in Suid-Afrika wat perfek daarby sal pas…























Venues wat daarby sal pas…
http://bygracealone.co.za/index.php/venue/ – Garden Route
http://www.sorexestate.co.za/ Pretoria
https://www.greensleevesatcamelot.co.za/ Hillcrest KZN
http://www.camelotte.co.za/ – Hartbeespoort NW
2. Wizard of Oz…
Van rooi hakskoene, lugbalonne en reënboog dekor tot die cuteste Dorothy en Munchkin blommemeisie en ringdraers – wat is nie oulik aan die tema nie? Dit kan baie subtiel gedoen word met oulike add-ons hier en daar, of jy kan kop eerste in die wonderlike ‘Land of Oz’ delf… jou keuse…























Venues wat daarby kan pas:
https://www.beloftebos.co.za/ Kaapstad
http://www.rosemaryhill.co.za/ Pretoria
http://www.florence.co.za/ Chrissiesmeer – Mmpumalanga
3. The Great Gatsby…
Trek die manne so handsome aan soos Leonardo diCaprio, stringe pêrels, sjampanje-fonteintjies en ‘n lekker kuier atmosfeer met jazz musiek– om nie eens te praat van die stunning rokke nie – al die beste dinge van die 20’s kan by jou troue wees…



























Venues wat daarby pas:
https://www.laquila.co.za/ Pretoria
https://www.avianto.co.za/ Johannesburg
http://www.brenaissance.co.za/venue Stellenbosch
http://www.lakedelavie.co.za/ Port Elizabeth
https://peppertreevenue.co.za/weddings/ Bloemfontein
4. Back to school…
Perfek vir high school sweethearts.. vat jou gaste op ‘n roadtrip in die nostalgie bus…

















Rustic venues wat daarby kan pas (jy kan die veelsydige tema by enige venue gebruik – hang af hoe jy die tema gebruik):
http://mooiplaatsie.co.za/ Pretoria
http://thestonecellar.co.za/ Heidelberg
5. Die appel van my oog…
Ja, jy het reg gelees – appels. Dalk ‘n bietjie snow white vir die blomme meisies om dit ‘n sprokies element te gee. Dis net uniek – maar tog eenvoudig – genoeg om te werk. Daar is blykbaar baie meer wat jy kan doen met appels as dokters weghou… Appeltert, toffie-appels, appels in die ruiker, in die paadjie en op die tafels.. dit lyk nog mooier as wat dit proe, kyk ‘n bietjie…























Venues wat daarby pas (hierdie tema kan ook eintlik by meeste venues werk – afhangende van wat jy daarmee doen):
http://rockhavenfarm.co.za/ Kaapstad
http://thecowshed.co.za/ Heidelberg
https://www.laurent-lourensford.co.za/ Somerset Wes
As jy enige ander cool temas al gesien of gebruik het, vertel ons daarvan – ons is mal oor unieke troues!
Comments are closed.
[…] skep met een soort vrug (sien ons blog-post oor uniek-sjiek trou-temas vir een so ‘n tema: 5 Uniek-sjiek trou temas) of byvoorbeeld ‘n tropiese of woud-tema skep, of jy kan net gelei word deur die […]
[…] ons blog post oor hoe om die perfekte kleurskema te kies, en idees vir unieke trou-tema’s vir verdere […]