skip to Main Content

5 Dinge waaroor Bruide spyt is na die troue…

5 Dinge Waaroor Bruide Spyt Is Na Die Troue…

Ja, trou is ‘n magical dag. Maar hier is die 5 groot foute wat bruide maak waaroor hulle altyd na die tyd spyt is…

1. Die fotograaf spyt…

Om nie hul huiswerk behoorlik te doen oor ‘n fotograaf nie, en/of te veel geld te probeer spaar daarop is die #1 fout wat bruide maak. Na afloop van die troue is die foto’s dit wat jy oorhou vir jare-en-jare. Jy wil dit in jou huis opsit, vergroot en met trots vir almal wys. Wanneer die begroting klein is, klink daardie duur fotograwe net buitensporig, en bruide knyp hier ‘n bietjie. Maar hier is die probleem:

Dit gaan nie net oor mooi posisionering en beligting nie, maar ook oor die kwaliteit van die foto self. Fotograwe met min ondervinding of swak opleiding (of met swakker toerusting) edit die foto’s so baie om dit op die ander fotograwe se vlak te probeer kry, dat dit nie meer goeie kwaliteit is nie. Dis veral ‘n probleem as jy dit wil print, of selfs net op ‘n groot skerm as background wil sit. Hoe minder editing nodig is, hoe beter – en dit kom met ondervinding en goeie toerusting.

Onervare fotograwe: Hier is die probleem met onervare fotograwe. Hulle mag dalk ‘n natuurlike aanvoeling hê vir goeie foto’s en baie kreatief wees, maar wanneer die paw-paw die fan strike het hulle geen idee wat om te doen nie. So baie goed kan skeefloop. Fotograwe wat onervare is sukkel om by ‘n tydskedule te hou omdat hulle langer neem om die regte shots in te kry, en wanneer daar vinnig planne gemaak moet word is die ervare fotograaf die een wat al voorheen sulke situasies moes help hanteer (as assistent of self) en sy/hy vat dit in hulle stride.

Nog ‘n groot fout is bruide wat ‘n fotograaf kies, en dan nie mal is oor die styl van hulle foto’s na die tyd nie.

Voorkom dit: Eerstens doen jou huiswerk oor ‘n fotograaf se kwaliteit, styl en ondervinding. Dan, jy hoef nie die heel duurste fotograaf op die mark te hê nie, maar moenie gaan vir die goedkoopste een, of jou niggie se vriendin se sussie nie. Dis ‘n belegging so belê slim.

2. Pinterest Overload…

Pinterest is ‘n wonderlike plek om idees bymekaar te maak. Maar daar is so baie idees dat dit later moeilik is om te stick by jou oorspronklike styl en estetiek wat julle so mal oor was aan die begin. Jy second-guess jou rok, julle tema en kleurskema en wil net nog dit-of-dat bysit. Veral wanneer mens ‘n baie eenvoudige tema kies, kruip die twyfel altyd in of dit nie te min is nie. Dit kan ‘n mens absoluut mal maak.

Voorkom dit:

Wanneer jy begin soek vir idees – kies ‘n kleurskema, tema en estetiek waarvan julle hou en wat JULLE is. Maak dan vir jou ‘n A3 plakkaat vir dekor, en een vir julle uitrustings. Print die idees uit wat by julle styl pas, wat jy kan bekostig, prakties moontlik is en wat saam werk. Sodra jou mood-board vol is – hou op soek – tensy iets spesifiek nog kort (en soek dat NET dit). Hou jou mood-board in jou huis en as jy nuwe idees kry en jou planne begin maak – verwys terug daarna en maak seker dit pas daarby in. Moenie aanhou ditjies-en-datjies bylas totdat die saal ‘n deurmekaarspul van idees is nie.

3. ‘n Honger bruid:

So baie bruide ken die spyt. Jy beplan die kos met soveel deernis en dit is presies die tipe kos waarvan julle hou. Julle kom terug van die photoshoot en al die canapès is klaar. Maar gelukkig is daar nog die hoofmaaltyd en nagereg… dan word julle so baie gepla tydens ete dat julle skaars tyd kry om die kos te geniet.

Voorkom dit:  

Vra vir iemand om vir julle en die fotograwe van die canapès saam te stuur op die photoshoot, of uit te hou vir na die tyd. As jy self kos wil skep, reel dat julle dit heel eerste doen, gevolg deur die res van die gaste. Sodoende sal jou gaste fokus op hulle beurt om te skep en nie op julle nie.

‘n Ander opsie is om iemand te vra om vir julle te skep, sodoende sal jy nie hoef deur al die gaste te sukkel met vinnige hello’s en drukkies tot by die kos nie. As julle ‘n plated ete het is hierdie bietjie makliker. Julle kan ook eenvoudig net die MC vra om af te kondig mense moet julle net gou ‘n kans gee om te eet – maklik!

3. ‘n Warrelwind dag…

Baie bruide praat na die troue van hoe min hulle van die dag kan onthou omdat dit verby gevlieg het. Jy sit amper nie ‘n oomblik stil nie (behalwe as jy toesprake luister) en na die tyd besef jy – wow – dit was my troudag!

Voorkom dit:

Vat ‘n oomblik saam, (al is dit net 5 minute) weg van almal af, sonder fotograwe en julle gevolg, en observeer die troue van ‘n afstand. Hoor die musiek in die verte en neem in – hierdie is ONS troue. Gee jou man sommer ‘n lekker vet soen weg van die nuuskierige oë en die kameras. Goed – nou gaan dans!

4. Trou-video… Videografie is nou al meer ‘n ‘ding’ by troues, maar nie almal kan beide ‘n video-en fotograaf bekostig nie. Die spyt kom wanneer jy na die troue amper niks van die diens, speeches ens kan onthou nie, en daar is niks video’s daarvan nie. Om die video te kyk is lekker, want jy sien die dag uit ‘n oogpunt ver verwyder van die res. Dis ook ‘n goeie memory-refresher. Mens sien nie alles raak nie, en jy sien nie jouself en jou man se mooi verliefde oë na mekaar, of subtiele gestures nie. Maar die videograaf doen.

Voorkom dit: As jy enigsins kan, kry ‘n videograaf – al is dit net vir die diens – dis ‘n belegging. Vat ‘n goeie videograaf en gebruik hul goedkoopste pakket as jy moet. As julle glad nie kan nie vra iemand met ‘n relatief goeie videokamera om ‘n kamera op ‘n staander te sit en die diens, en dalk sommer ook die toesprake en julle dans af te neem. Dit hoef nie ge-edit te word en dramatiese musiek te hê nie. Jy wil net kan terugkyk en onthou. Dit is net as jy GLAD NIE ‘n videograaf kan bekostig nie – trou-videos is (nes foto’s) al wat jy oor hou – selfs ‘n gevriesde koek gaan nie vir ewig hou nie…

5. Die verlore strooimeisie…

Hoeveel bruide het jy al van gehoor wat ‘n strooimeisie kies omdat sy iemand nie wil offend nie (hetsy familie of vriendekring)? Of omdat haar boyfriend ‘n strooijonker is en dis die regte ding om te doen? Of miskien omdat sy nie genoeg close vriendinne het nie – en sy wil hê sy en haar man moet dieselfde getal hê (en manlief is Mr Popular)? Ek het al ‘n strooimeisie gesien wat 9uur by die troue geloop het omdat sy ‘n fight met haar kêrel gehad het – en na die troue het die bruid nooit weer van die einste strooimeisie gehoor nie… Ek self het so strooimeisie wat net stilletjies verdwyn het na die troue…Onthou hulle is in sò baie foto’s!

Voorkom dit: Die strooimeisies is amper deel van die familie vir die dag. Hulle doen alles saam met jou. Jy moenie iemand kies as sy nie daai vriendin is waarsonder jy jou groot dag kan indink nie – al is dit net jou twee sussies of een vriendin is dit fine, quality over quantity!

Happy planning bruidjies!

x0x0

This Post Has One Comment

Comments are closed.

Back To Top