skip to Main Content

Die Ervare Bruid se troue / The Experienced Bride’s wedding

Die Ervare Bruid Se Troue / The Experienced Bride’s Wedding

Hello!

Foto: Anandi Photography/ Makeup: Hanje Grimbeeck (Hartbeespoort)

Ek wil myself graag aan al die toekomstige bruide voorstel! My naam is Lizel Louw Welthagen.

Ek is 28 jaar oud en is 6 maande getroud aan die beste man en ons het 3 kinders: ‘n 18 jaar oue papegaai en twee baba gemmer katte. ‘

‘n Paar random feite oor my:

– My gunsteling aktiwiteit is draf – dis absoluut terapeuties vir my!

– Ek kan ‘n hele large pizza by myself op eet (Bacon en Avo…mmm) en plek hê vir sushi daarna ook, sonder skaamte of skuldgevoel!

– As ek ‘n Netflix binge doen is my gunsteling ding om te kyk documentaries oor misdaad, die natuur of enige cool human-interest story of wetenskaplike ontdekking (my arme man kyk net documentaries of moet stories daaroor luister!)

– Musiek is my gunsteling medikasie om te neem – dubbel dosis op ‘n harde dag – KLIPHARD in die kar.

Ek is nie alleen die Ervare Bruide nie – ek het BAIE hulp gehad (en het steeds) maar ek is die stigter en kontak persoon. Ek het al aan die eBoek begin werk tydens my eie troubeplanning vroeg in 2017 nadat ek sòveel onvolledige trougidse gevind het wat nie naastenby in detail ingaan nie. Dit het begin as hulp vir my eie close vriendinne… Ek was NIE die perfekte bruid nie – maar dis juis die punt! Ek het sò baie geleer uit my eie, my vriendinne en sussie se troues (asook die wat ek as gas bygewoon het) dat ek net gevoel het – wat as ek hierdie kennis kan saamsit en, tesame met die kenners, ander bruide help om ‘n geseënde troudag te hê!

Ek’s ‘n absolute sucker vir troues, en al ken ek jou nie, sal ek my oë uit huil van vreugde vir jou. Daar’s min dinge so mooi soos ‘n bruidspaar wat werklik lief vir mekaar is.

Ek het 4 passies in die lewe, en van hulle verskil drasties van mekaar:

1. My loopbaan as prokureur wat my help my passie uitleef om geregtigheid te laat geskied waar moontlik;

2. My kriminologie en sielkunde studies – ek het geen idee wat ek daarmee gaan doen nie maar verseker IETS!

3. Die Ervare Bruid – waaraan ek al vir meer as ‘n jaar kliphard werk, en waarin ek my absolute passie vir liefde en troues kan uitleef en last but not least…

4. My familie, vriende & God

As jy enige vrae het oor troues beplan, die huwelik, raad oor begroting ens – of meer wil weet oor ons eBoek – gesels met my! Happy Planning! Xoxo

Hier is ons troue: 

Foto’s deur Anandi Photography

Video: 1988 Films https://www.youtube.com/watch?v=NkZQgyTiF5Q

Venue: Rosemary Hill Farm (Pta)

Dekor en Blomme: Love BeLoved

Hare en Grimering: Roxanne’s Professional Hair & Makeup

Rok & Troukoek: Riekie Welthagen van Kuier en Klets – Hartbeespoort (My skoonma)

Troupak: Woolworths

Back To Top