skip to Main Content

5 Irriterende trougaste by elke troue en hoe om dit te hanteer…

5 Irriterende Trougaste By Elke Troue En Hoe Om Dit Te Hanteer…

Die paparazzi…

Ons almal wat getroud is kan praat van daardie een gas wat net nie haar (of sy) foon kon neersit nie. Dit is so irriterend as mens troufoto’s of video’s kyk van hoe die bruid in die paadjie afstap, en in plaas van dat die gaste in verwondering na haar kyk, kyk hulle na hul selfone. Jy kan tien teen een al voorspel wie in jou familie die skuldige een gaan wees…

Voorkom dit: Jy kan ‘n oulike bordjie opsit soos hieronder, en ook vra dat die predikant / offisiant afkondig selfone moet asb afgeskakel word vir die seremonie. As jy voor jou heilige siel WEET wie dit gaan wees, kan jy ook persoonlik, maar op ‘n baie casual manier aan hulle noem dat mense asb nie selfoon foto’s moet neem nie. Vra die fotograaf of videograaf se second shooter om die ‘bad guy’ te wees en mense wat hy/sy sien dit doen persoonlik te vra om op te hou.

Social media queen…

Die seremonie is skaars verby en daar is reeds foto’s op snapchat, instagram, facebook en wie-weet-waar nog anders. Gaste behoort te weet dis goeie maniere om altyd eers vir ‘n bruid te vra of jy mag foto’s oplaai, en ten minste te wag tot later die aand. Van die foto’s is nie altyd flattering nie, en sommige bruide verkies dat die eerste foto’s op sosiale media die fotograaf se voorskou is. Ander bruide het weer geen probleem hiermee nie.

Voorkom dit: Jy kan weereens ‘n versoek rig met ‘n briefie of bordjie soos hieronder…Dis basies onmoontlik om andersins hierdie heeltemal te voorkom sonder om bietjie bridezilla voor te kom, so al wat jy kan doen is – as iemand wel ‘n foto van jou neem waarvoor jy moet pose – vra vir hulle om asb nie op sosiale media te plaas nie.

Die hoverer…

Soms is dit ‘n strooimeisie, soms is dit ‘n vriend, ander kere is dit ‘n tannie of oom. Hierdie gas wil aanmekaar lang gesprekke met die bruidspaar hê en by elke gesprek betrokke wees. Dit voorkom later dat die bruidspaar by almal kan uitkom, alleen tyd het en selfs terwyl die bruidspaar eet is hy/sy daar. Nou en dan om ‘n ou grappie te maak, later weer om iets te kom komplimenteer. Hierdie gas wil net aandag hê – HEELTYD!

Voorkom dit: Vra jou gevolg om dit te hanteer, hulle kan hulleself kom voorstel en met hom/haar kom gesels, of hom/haar voorstel aan iemand anders (soos hul metgesel). Sodoende sal die persoon aandag kry en belangrik voel – en die bruidspaar kan verder eet of die rondtes doen.

Die groot drinker…

Dis ‘n troue so ‘n paar tipsy mense is deel van die package, maar jy kry altyd daai een gas wat nie sy drank goed hanteer nie. Hy tjip in met heildronke, val rond op die dansvloer en ouma’s en tannies vra altyd na die troue vir die bruid wie se gas dit was met neusies opgetrek.

Voorkom dit: As julle open bar het, beperk die hoeveelheid en tipe drank wat een persoon mag koop daarop. As iemand determined is om dronk te word sal jy hulle ongelukkig nie kan keer nie. Kies vooraf ‘n nefie of strooijonker wat ervaring het met die tipe ding om dit te hanteer.

Die meisie in die wit rok…

Ai, mens wonder of sy onder ‘n klip gebore is dat sy nie weet van die reël nie… Tensy die kleredrag spesifiek versoek dat jy wit dra mag geen gas dit doen nie. Dis so moeilik om te voorspel wie die culprit gaan wees, dit kan enige iemand wees.

Voorkom dit: Daar is geen manier om haar te keer nie, maar as dit jou erg pla, vra die fotograaf om enige iemand met wit rokke te vra om nie naby die bruid te staan in die groepfoto nie. Dis about al wat jy kan doen hieraan – let bygones be bygones…. Moet nie toelaat dat enige iets jou dag bederf nie – dalk is jy so in jou element jy kom nie eens agter nie!

Back To Top