skip to Main Content

Sterrestelsels en Neon ligte: trou-dekor giere in 2018 waaroor ons opgewonde is…

Sterrestelsels En Neon Ligte: Trou-dekor Giere In 2018 Waaroor Ons Opgewonde Is…

Ons is amper halfpad deur die jaar en al die nuwe trou-modes is goed op dreef. Om al die trou-giere te volg is nie ’n MOET nie, maar dit is lekker om inspirasie te vind daaruit.

So, wat is in 2018 hoog mode in die trou-wêreld?

‘n Blik terug op 2017:

 

In 2017 was natuurlike kleure met baie ‘greenery’ hoog mode en groen was die kleur van die jaar. Die ‘foraging’ mode het gesorg vir ’n gevoel van ‘n buite-troue selfs al is jy nie buite nie, met rangskikkings wat oor die tafels lê of hang en die indruk skep dat dit daar gegroei het. Wat kleurskemas betref het bruide natuurlike kleure soos groen, grys, bruin of wit gekombineer met metaal kleure soos goud of roos-goud en warm kleure soos pienk, maroon of rooi. Dit was stunning, maar ons sien uit na die volgende modes in 2018, en nog meer na die pragtige foto’s wat dit gaan lewer….

2018 MODES:

50 Shades of purple:

Pers is groot in 2018, maar bruide kan verseker hul eie twist daarop sit. Die donker ‘ultra violet’ pers wat die Pantone kleur van die jaar is, is baie donker, en word in blomme ruikers en kleiner elemente van tafel dekor gebruik om diepte te gee, afgewissel deur ligter perse en ‘n warmer kleur vir kontras. Gebruik as voorbeeld die pragtige drip-cake troukoek wat ons op pinterest gevind het vir ‘n bietjie inspirasie.

Helder kontras:

Gepraat van kontras, dis nou heeltemal aanvaarbaar om kleur-skemas te kies wat effens bots- soos geel of oranje en pers. In kontras met 2017 se natuurlike kleure gaan ons bietjie teen die natuurlike kleurskemas waaraan almal gewoond is. Hierdie is ideaal vir bruide wat nie so donker en moody wil gaan nie…

Moody en donker:

Hierdie mode het hoogs waarskynlik ook sy inspirasie uit die donker pers kleur gevind. Vergeet van kontrasterende helder kleure! Van swart troukoeke en tafeldoeke tot swart elemente in trourokke. Die tafel dekor gaan alles donker wees met elemente soos swart of donker groen kerse. Ons is mal oor hierdie gier, en dink dit sal goed werk met ‘n donker lip op die bruid. Ons inner ‘emo’s’ baljaar. Jy hoef ook nie van pers te hou nie, donker woud-groen, swart, charcoal kleure en duifgrys pas almal mooi hierby in. Ons voorspel ‘n paar winter, Game of Thrones-tema troues wat hierdie mode gaan geniet in die volgende paar maande.

Unicorns:

In die laaste jaar kon mens in geen winkelsentrum die ‘unicorn’ mode vermy nie, en daardie inspirasie het in troues infiltreer. Dit gaan goed saam met die pers kleur mode. Jy hoef nie letterlik unicorn-horings op perde te sit nie. Hierdie mode gaan alles oor die hologram, en die tricks wat dit met jou oë speel as die lig daarop val. Dit kan’n mooi toevoeging wees tot ‘n tafel om bietjie pret en kleur in te bring. Hierdie mode kan ook goed pas by ‘n troue langs die kus en seeskulpies op die tafels – dink ‘meermin’ tema..

Hemelse temas:

Die hemelruim en die sterre is jou inspirasie as dit kom by hierdie tema, en ons is mal hieroor!

Pienk & Neon ligte…

Alhoewel donker en moody hoog mode is, kan bruide pret hê met ‘n bietjie pienk LED neon ligte om die dag op te vrolik. Millenial pienk is groot by bruide in 2018 wat nie hou van die moody, donker temas of donker pers nie. Dis bietjie iets anders as die ou gewone kandelare en kerse. In ‘n natuurlike buite venue of tussen ‘n klomp blare sal die kontras tussen natuur en elektrisiteit goed werk.

Marmer…

Die dansvloere, die uitnodigings en selfs op die tafels. Marmer is die nuwe geometriese mode. Dit kan ‘n mooi agtergrond wees vir jou spyskaart, programme en tafelplasingsbord of jy kan all-out gaan en die dansvloer ‘n marmer voorkoms gee. Dit lyk ook stunning op troukoeke en is een van die meer subtiele 2018 modes wat meer bruide sal waardeer. Kombineer dit met die ‘unicorn’ trend of die dark & moody en jy het ‘n klassiek, maar tog trendy troue – wen-wen.

Last but not least – fluweel:

Veral in die winter kan ons nie genoeg kry van hierdie gier nie. En dis nie net vir jou skoene en strooimeisie rokke nie. Dit kan oral gebruik word. Bind fluweel lint in jou hare, om jou nek, om jou servette en ruiker, of gebruik selfs ’n fluweel tafeldoek. Fluweel stoele gaan ook baie gesien word.

Ons is so geinspireer deur hierdie lys, ons trou sommer weer! Watter gier is jy mal oor? En watter nie?

This Post Has One Comment

Comments are closed.

Back To Top