skip to Main Content
15 Liedjies Vir Jou Troue Wat Nog Nie Dood Gespeel Is Nie…

15 liedjies vir jou troue wat nog nie dood gespeel is nie…

Vir bruide wat graag uniek wil wees en moeg is vir die ou gewone musiek – lees verder. Hoeveel troupaartjies dink jy het al op ‘Thinking out Loud’ gedans, op ‘A thousand Years’ ingestap of hul ruiker gegooi op ‘Man, I feel like a woman’? Classics is classics vir ‘n rede, dit is so – maar ons het bietjie gesnuffel vir pragtige en prettige liedjies wat nie by elke tweede troue gespeel word nie.

Angel – Jack Johnson (Album: Sleep Through The Static):

https://www.youtube.com/watch?v=gr-Ff8us0Hg

Sagte, rustige musiek en die mooiste lirieke – Jack Johnson stel nooit teleur nie. Hierdie liedjie is kort (2 minute) en kan net lank genoeg wees vir ‘n Bruid se onvergeetlike oomblik.

Ons gunsteling lirieke: “You’re so busy changing the world/ just one smile and you can change all of mine/We share the same soul…”

Tenerife Sea- Ed Sheeran (Album: X (Multiply)):

https://www.youtube.com/watch?v=cHTEGQbtP1I

Hierdie lys sal glad nie volmaak wees sonder ons gunsteling ginger nie. Tenerife Sea is een van sy minder bekende, maar pragtige, liefdesliedjies met akoestiese kitaar en lirieke wat trane sal waarborg.

Ons gunsteling lirieke: “Should this be the last thing I see/ I want you to know it’s enough for me/ ‘Cos all that you are is all that I’ll ever need…”

I Choose You – Sara Bareilles (Album: The Blessed Unrest):

https://www.youtube.com/watch?v=xjE5D9cHiOk

Hierdie liedjie se lirieke spreek van presies die gevoel wat mens kry wanneer jy ‘die een’ gevind het, en Sara se stem is soos fluweel. Die liedjie is mooi, en terselfdertyd ook vrolik en opgewek.

Ons gunsteling lirieke: “My whole heart will be yours forever/ This is a beautiful start to a lifelong love letter”

You Make My Dreams – Daryl Hall & John Oates (Album: Voices):

https://www.youtube.com/watch?v=EErSKhC0CZs

An Oldie, but a goodie en min jongmense ken hom (of hoe?). Onthou jy in 500 days of Summer, toe die hoofkarakter so verlief is dat hy die hele stad vol dans? Dis daardie liedjie, en hy is so opgewek almal sal wil dans soos wat hy het. Dis wat liefde doen…ideaal vir die confetti gooi of ‘n grand entrance in die saal.

Ons gunsteling lirieke: “I’ll never be the same /well cause you (ooh ooh ooh ooh) you make my dreams come true…”

Today was a fairytale – Taylor Swift (Album: Valentines Day Movie):

https://www.youtube.com/watch?v=wUqnrjSFXtE

Taylor sing meestal oor hoe mans haar hart gebreek het, maar die minder bekende een is die teenoorgestelde. Oulike liedjie vir die strooimeisies om op in te loop, die liefdesliedjie glo nog in feëverhale en jou troudag mag dalk soos een voel.

Ons gunsteling lirieke: “Can you feel this magic in the air/ it must have been the way you kissed me/Fell in love when I saw you standing there”

Voshaarnooi – Joshua na die Reën (Ballade vir ‘n Enkeling):

https://www.youtube.com/watch?v=tH0qiT0nZ_Y

‘n Ou klassieke afrikaanse liedjie, en hierdie is ‘n pragtige cover met sagte instrument spel. As die Bruid op net die regte tyd inloop sal elke Afrikaner trane in hul oë hê…

Ons gunsteling lirieke: “Hoor jy meisie met die sweetvoshare/ Verstaan jy die praat van die rankie snare/ Ek is verlief op die kind”

The Way I Am – ingrid Michaelson (Album: Girls & Boys):

https://www.youtube.com/watch?v=_kvZpVMY89c

Hierdie kort liedjie is net die cuteste met ‘n vrolike, feel-good vibe en ek kan strooimeisies net sien op hom instap met breë glimlagte.

Ons gunsteling lirieke: “Cause I love you more than I could ever promise/ And you take me the way I am.”

See You again/Love me Like You do/Sugar (Acoustic Mashup) – Meghan Davies ft Jacs & Tasha:

https://www.youtube.com/watch?v=KzARx0EuDgc

Wat van’n nuwe twist op die bekende liedjies? Hierdie 3 dames het hoendervleis-mooi stemme en die 3 liedjies klink wonderlik saam.

Ons gunsteling lirieke: Wel, julle ken ‘Sugar’ en ‘Love me like you do’ se lirieke sekerlik…

Hey Pretty Girl – Kip Moore (Album Up All Night):

https://www.youtube.com/watch?v=_7gjwS13smI

Enige iemand wat van country musiek hou sal hierdie liefdes nommertjie geniet, dit kan so ‘n mooi liedjie wees vir ‘n stadige dans en vertel ‘n liefdesverhaal soos net country musiek kan.

Ons gunsteling lirieke: “Hey pretty girl lets build some dreams/ Life’s a long and winding ride/ Better have the right one by your side”

Piekniek Oppi Maan – Zinkplaat (Album: Karoo Poison):

https://www.youtube.com/watch?v=1XtoFgONNYI

Laat 80’s en vroeë 90’s baba’s was gaande oor hierdie liedjie op Hoërskool. Bring Afrikaans en ‘n gevoel van nostalgie tuis by jou troue met die sagte ballade.

Ons gunsteling lirieke: “Ek het klaar besluit ek gaan jou ontvoer/ En as jy wonder waarheen ons gaan/ Vanaand skiet ek jou vir ‘n piekniek op die maan..”

I Found You – Kina Grannis & imaginary Future:

https://www.youtube.com/watch?v=VHhm7ZqknAo

Hierdie liedjie verdien baie meer aandag as wat dit kry, dit is so understated, sag en bitter mooi. Die duet sal almal ‘n traantjie laat wegvee. Ons het gesukkel om lirieke te kies – almal is mooi.

Ons gunsteling lirieke: “A sudden gust of wind, from nowhere we begin/ It’s like I dreamed you up while I was sleeping”

Fire and the Flood – Vance Joy (Album: Dream Your life away):

https://www.youtube.com/watch?v=zKmWd8DPrEc

Die onthaal sal lekker dans op die liedjie, en hy het ‘n mooi dramatiese begin en die perfekte lirieke. ‘n Oulike idee vir die Bruid en Bruidegom se grand entrance in die saal.

Ons gunsteling lirieke: “Everything is fine when your heads resting next to mine”

Sparks – Coldplay (Album: Parachutes):

https://www.youtube.com/watch?v=Ar48yzjn1PE

Hierdie is ‘n ou, minder bekende Coldplay liedjie, en word verbasend min by troues gebruik – dis pragtig, rustig en strelend. ‘n Eerste dans?

Ons gunsteling lirieke: “My heart is yours/ It’s you that I hold on to/ That’s what I do”

Lover of the Light – Mumford & Sons (Album: WilderMind):

https://www.youtube.com/watch?v=nMJUbZrNnA8

‘n Fun liedjie met Mumford se kenmerkende banjo. Dit het ‘n dramatiese element en ‘n liefdes liedjie deur en deur.

Ons gunsteling lirieke: “But love the one you hold/ and I’ll be your goal/ To have and to hold/ A lover of the light.”

500 Miles – Sleeping at last:

https://www.youtube.com/watch?v=yJ6wJqaE6o4

‘n Ou gunsteling liedjie. Hierdie cover met die klavier is iets besonders en dit gee die mooi lirieke nuwe lewe.

Ons gunsteling lirieke: “… I Would walk 500 miles / and I would walk 500 more / just to be the man who walks a 1000 miles to fall down at your door”

Vertel ons watter liedjie julle gebruik het of aan gedink het wat uniek is. Musiek speel ‘n massiewe rol in die vibe van die troue…

Happy Planning! x0x0

Back To Top